Making a Difference
A brief reflection from our tutor, Chrisandre Sinosich, on the vital work she performs in the Goliath Estate community. Don’t hesitate to contact us if want to know more or get involved in this project!
“Vandag het ek weer van vooraf geleer van liefde! Gesiggies wat heel opgewonde klas toe kom! Wat nie kan wag om te leer nie, wat nie kan wag om hulle stories te deel nie...
Honger magies wat sê juffrou se broodjies proe soos liefde - toe ek dit hoor sak my hart in my maag en ek besef net weereens die mooie boodskap van dit wat Jesus eintlik van ons verwag, om saam te kan lag, leer, lief te kan wees en in samesyn te wees.
Kinders is sy grootste geskenk, die prag wat Hy gemaak het, die mooie ogies wat na jou kyk met wonder, ons moet hulle lei, ons moet hulle leer, ons het 'n verantwoordelikheid.
Laat ons as mense elke dag herinner word, dat kinders beskerm moet word, hulle siele is kosbaar en hulle is ons toekomstige generasies. Stap vir stap, dag vir dag kan ons as mense 'n verskil maak.
Kinders wil leer, maar moet geleer word, kinders wil groei maar moet gewys word hoe om te groei en 'n spasie gegun word, waar hulle kan veilig voel en soos 'n saadjie kan blom. So moeilik en uitdagend as wat die lewe 'n mens soms kan druk, is elke kind deel van die toekomstige generasie.
Stap vir stap, dag vir dag, saam kan ons 'n verskil maak in liefde en waar kinders kan groei, in respek vir mekaar waar mense en kinders werklik kan blom.
Kom ons wees 'n voorbeeld vir kinders en vergeet om dit nie vir ander om ons te wees nie, ongeag wie jy is, dis immers die siel wat werklik saak maak!”
©️ Chrisandre Sinosich